Nust reageer op aantygings van onbillike praktykeMarch 31, 2023

Die bestuur van die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, Nust, ontken aantygings van onbillike arbeidspraktyke, stam-gebondenheid, beleids-manipulasie en wanadministrasie. Nust sê daar is geen bewyse om die beskuldigings te ondersteun nie. Nust het gereageer op briewe wat na bewering deur hul werknemers geskryf is en die universiteit van onwettige arbeidspraktyke beskuldig het. Een van die briewe is anoniem op sosiale media gepubliseer, terwyl ‘n ander deur die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers, Napwu, uitgereik is. Die woordvoerder van Nust, John Haufiku sê aan Kosmos 94.1 Nuus personeel het die reg om kwessies deur amptelike prosesse te opper.