29 vroue Nampol-lede loop deur onder geslagsgeweld, verkragtingMarch 31, 2023

Tussen 2020 en 2022 is 150 polisiebeamptes afgedank vir wangedrag. Volgens die minister, Albert Kawana is daar 1 708 beamptes in dieselfde tyd aangekla en 141 is geskors. In 2020 is 51 lede uit die mag gegooi met 50 in 2021 en 49 verlede jaar. Kawana sê polisielede word onmiddellik geskors en dan begin die betrokke ondersoek. Dit is in ‘n poging om dissipline en nakoming in die mag te versterk. Maar, daar is ook uitdagings met die publiek. Sedert 2018 is daar 2 785 gevalle van die publiek wat die mag verhinder om sy pligte uit te voer of lede van die mag aanrand, aangemeld, sowel as 29 gevalle van geslagsgeweld en verkragting van vroulike polisielede.