Terreurvlak in Noord-Ierland na ernstig verhoog

Die terrorismebedreigingsvlak in Noord-Ierland is van redelik tot ernstig verhoog wat beteken ‘n aanval is hoogs waarskynlik. Dit kom dae voor die Amerikaanse President Joe Biden se besoek aan die land, maar die Withuis sê dit sal nie sy planne verander nie. Die Britse minister van buitelandse sake vir Noord-Ierland, Chris Heaton-Harris, sê die besluit is geneem ná ‘n toename in aktiwiteite wat met terrorisme verband hou. Dit sluit die poging tot moord verlede maand op ‘n hoëprofiel-polisiebeampte in. Hy sê die publiek moet waaksaam wees, maar nie angstig nie.