Elektrisiteitsminister besoek Wes-Kaap

Die nuut-aangestelde Suid-Afrikaanse minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê sy departement is in gesprekke met ‘n groot oorsese belegger vir die oprig van ‘n gas-aangedrewe krag-opwekkingsfasiliteit in die Wes-Kaap. Ramokgopa was die afgelope tyd op ‘n landwye toer om die stand van die land se kragnetwerk te assesseer en om met munisipaliteite en provinsiale regerings te vergader. Die minister het met premier Alan Winde ontmoet om uit te vind hoe die Wes-Kaapse regering daaraan werk om beurtkrag te beveg. Fritz Platt, Kosmos 94,1 Nuus se korrespondent in Kaapstad…