Wetgewing rakende openbare byeenkomste moet veranderMarch 27, 2023
Die wetgewing op openbare byeenkomste moet aangepas word. Dit kom na Namibia Fact Check ‘n hersiening oor die howe se beslissings en die Namibiese polisie se standpunt oor betogings gedoen het. In 2003 en weer 20 jaar later in 2023 het die hoërhof in die guns van die polisie bevind om protesoptogte te verbied – 20 jaar gelede oor geslagsgeweld en verlede week, oor jeug werkloosheid. Die hof se bevinding het volgens Namibia Fact Check, uitgebreide magte aan die polisie gegee. Kosmos 94.1 Nuus het met Frederico Links van Namibia Fact Check gesels.