Meyer sê Hendrina het voor sy bakkie ingespring – stukke ingedienMarch 27, 2023

Die Mariental-boer Johan Meyer hou vol dat hy nie Hendrina Mupolo gesien het nie en dat sy voor sy motor agter ‘n skuinswal, ingespring het. Hy het sy verklaring in die hofsaak waar Mupolo se pa, Elias, hom dagvaar vir 10 miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding na Hendrina se dood, ingedien. Meyer sê hy was op pad om te verseker dat die wagte skofte geruil het toe hy mense in sy boontjielande gewaar. Sy vriend Kobus Prinsloo was saam met hom. Hy sê hy het ongeveer 15 kilometer per uur gery toe Hendrina voor sy motor inspring. Hy sê die groep mense was aggressief en omdat hy nie sy selfoon gehad het nie, het hy huis toe gery. Hy en sy vrou Anita, aanklaer op die dorp, het na die toneel gejaag en daarna het die polisie en ‘n ambulans opgedaag. Die ongeluk het op 1 Mei verlede jaar plaasgevind. Meyer sal weer op 12 Julie in die hof verskyn in sy kriminele saak.