Nadal val uit toptien – einde van ‘n era
Dit is die einde van ‘n era. Rafael Nadal is na 912 weke nie meer onder die wêreld se toptien nie. Die Spaanse meester het geval tot nommer 13. Hy het in 2005 op 18-jaar die eerste keer die gesogte lys gehaal. Sy prestasie word net oortref deur die duisend weke wat die Amerikaanse legende Martina Navratilova onder die toptien deurgebring het. Nadal het nie mededingend gespeel sedert ‘n heupbesering in Januarie sy Australiese Ope-veldtog beëindig het nie. Hy beplan egter om volgende maand in die Monte Carlo-meesterstoernooi terug te keer op sy gunsteling-oppervlak, klei.