Goudprys styg skerp
Die goudprys het vir die eerste keer in ‘n jaar tot bo 2 000 Amerikaanse dollar per fyn ons gestyg. Dit het vroeg vanoggend in Europese handel verhandel teen 2 005 dollar. Die styging in die goudprys is hoofsaaklik weens kommer in die internasionale banksektor. Die Switserse bank, UBS, het Credit Suisse oorgeneem in ‘n poging om finansiële markte te stabiliseer. Goud het in reaksie op die internasionale bankkrisis ‘n veilige hawe vir beleggers geword.