Arbeidsintensiewe projekte nodig vir werkskeppingMarch 13, 2023

Werkloosheid is in die nuus met die soveelste keer wat duisende mense opdaag vir ‘n handvol poste soos verlede week in Khomasdal waar 2 400 mense opgedaag het by ‘n restaurant. Meer as 3 000 mense het in 2019 by Sentraal Hospitaal opgedaag vir nege skoonmakerposte en ook daardie jaar, 800 in Omusati vir 39 skoonmakerposte. Die plaaslike arbeidskenner, Herbert Jauch sê arbeidsintensiewe projekte moet aangepak word om werk te skep en die behuisingstekort is ‘n uitstekende geleentheid hiervoor.