Afrika-leiers wen Xi geluk met sy oorwinning, maar hy was enigste kandidaat…March 13, 2023
Afrika-leiers het die Chinese President Xi Jinping geluk gewens op sy oorwinning van ‘n derde ampstermyn. Xi was die enigste kandidaat wat vir die pos gestaan het. Nigerië se uitgaande President Muhammadu Buhari sê sy land sien uit na voortgesette samewerking met China in telekommunikasie, landbou en infrastruktuur. Gelukwensings het ook vanuit Liberië en Egipte gekom. Nigerië is Afrika se grootste invoerder van China met Suid-Afrika die grootste uitvoerder. Die Demokratiese Republiek van die Kongo, Angola en Egipte is die ander drie om die top-vyf handelsvennote te voltooi.