Frankryk looi Engeland 53-10 in SesnasiesMarch 12, 2023
Die heersende Sesnasies-kampioene, Frankryk, het Engeland gisteraand hulle ergste tuisnederlaag tot nog toe toegedien met ‘n vernederende 53-10 oorwinning op Twickenham. Frankryk, wat alle aspekte oorheers het, het 18 jaar gewag vir Sesnasies-sukses op Twickenham, en hulle dit uiteindelik oortuigend met sewe drieë beklink. In gister se ander kragmeting het Wallis Italië in Rome met 29-17 verslaan, vir hulle eerste oorwinning in vanjaar se Sesnasies en sodoende hulle stryd om nie laaste te eindig nie, ‘n hupstoot gegee. In die naweek se laaste Sesnasies-wedstryd, pak Skotland Ierland vanmiddag op Murrayfield. Sou Skotland wen, sal hulle die eerste sogenaamde Triple Crown sedert 1990 verower.