Weer in Marokko, Spanje veroorsaak tekort aan slaaigoed in VKMarch 1, 2023

Daar is tans erge tekorte van veral tamaties, komkommer en blaarslaai in die Verenigde Koninkryk. Britse media berig dat talle winkels se rakke leeg is of, hoeveelhede word beperk. Een van die grootste verskaffers in Engeland, Iceland Foods, sê weerpatrone in Spanje en Marokko is die probleem. Richard Walker van die maatskappy het met Britse media gepraat.