Van Wyk getuig in sy borgaansoek, Esau steeds in hospitaalMarch 1, 2023
Nigel van Wyk, een van die Fishrot-beskuldigdes, se borgaansoek word vanmiddag voortgesit voor regter David Munsu terwyl sy mede-aansoeker, oud-minister Bernhardt Esau in die hospitaal is na hy olik was tydens Dinsdag se verrigtinge. Van Wyk word daarvan verdink dat hy gepoog het om bewysstukke by oud-minister Sacky Shanghala se huis te verwyder. Hy het vanoggend getuig oor sy werksaamhede vir James Hatuikulipi.