Uranium One ontken dat hy nog eksplorasie doen, sê 150 het werk verloorMarch 1, 2023
Reaksie word ontvang van Uranium One na aantygings deur die Stampriet Aquifer Uranium Mining-drukgroep wat sê die Russiese uraan-reus gaan steeds voort met sy eksplorasie in die Stampriet-bekken. Die kwessie van uraanontginning in die gebied bly in die nuus met die Omaheke-goewerneur Pijoo Nganate wat ook onlangs gesê hete dat dit ‘n kans gegun moet word en dat dit baie voordele in hou. Intussen het die drukgroep weer gewaarsku oor die besoedeling van waterbronne. Riaan van Rooyen, kommunikasie konsultant vir Uranium One sê op die oomblik staan die hele projek stil omdat hulle nie ‘n waterpermit het nie. Hy voeg by dat 150 Namibiërs hul werk op die projek verloor het.