Stadspolisie soek hulp na vanoggend se transito-roof in hoofstadMarch 1, 2023
Misdaad blyk om weer toe te neem in die hoofstad. Daar in die afgelope week talle huisbrake met sommige wat gewelddadig was. Vanoggend was daar ‘n roof van ‘n kontant-in-transito-wa in Monte Christo-weg. ‘n Sekuriteitswag is ook beseer in die insident. Die hoof van die Stadspolisie, Abraham Kanime, vra die publiek se hulp. Hy sê die boewe het weggekom in ‘n wit Corolla-voertuig.