Sensus sal uiteindelik in Augustus begin, 13 000 aanstellingsMarch 1, 2023

Die Namibiese Statistieke-agentskap sê die 2023 behuisings- en bevolkingsensus sal vanjaar in Augustus plaasvind. Die karteringsfase is reeds afgehandel. Die sensus moes reeds begin verlede jaar plaasgevind het maar, daar was geen fondse toegeken in die begroting daarvoor nie en dus is dit gekanselleer. Die laaste sensus is in 2011 uitgevoer en sonder die data, is dit onmoontlik om te beplan en ontwikkelingsprojekte te ontwerp. Die finansminister Ipumbu Shiimi het tydens sy middeltermyn-begroting in Oktober verlede jaar 706 miljoen Namibiese dollar vir die sensus bewillig. Die agentskap sê 13 000 mense sal aangestel word maar, dat alle beskikbare posisies geadverteer sal word.