Nuus oor sensus word verwelkom, data is broodnodigMarch 1, 2023

Reaksie word ontvang op die nuus dat die Namibiese Statistieke-agentskap sê die 2023 behuisings- en bevolkingsensus sal vanjaar in Augustus plaasvind. Die sensus moes reeds in 2021 plaasgevind het maar begrotingstekorte het dit verhoed. Die bekende Unam-ekonoom, dr. Omu Kakujaha-Matundu sê die nuus word verwelkom veral omdat dit so belangrik is om die inligting te hê.