Nelson Mandelabaai se inwoners moet eers water kookMarch 1, 2023
Die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit in die Oos-Kaap, Retief Odendaal, raai inwoners aan om kraanwater te kook voordat hulle dit drink. Die stad het deur boorgate meer water tot sy netwerk gevoeg om die voorraad regoor die stad aan te vul. Odendaal sê die toevoeging van rou grondwater in sy netwerkstelsel, lae damvlakke en wisselende reservoirvlakke, veroorsaak dat die watergehalte voortdurend verander en daarom nie 100 persent gewaarborg kan word nie: