Nadal onttrek uit VSA-kampioenskappeMarch 1, 2023

Die 22-malige Grand Slam-kampioen, Rafael Nadal, het hom aan die Indian Wells- en die Miami Ope-kampioenskappe onttrek omdat hy steeds nie van ‘n heupbesering herstel het nie. Die 36-jarige Nadal sou aanvanklik slegs ses tot agt weke buite aksie wees weens die besering wat hom in die Australiese Ope gepootjie het toe Mackenzie McDonald hom in die tweede ronde uitgeskakel het. Nadal sê hy oefen in die gimnasium en ontvang fisioterapie soos wat sy dokters voorgeskryf het. Sy volgende doelwit sal waarskynlik die Monte Carlo Meesterstoernooi wees wat hy reeds 11 keer gewen het.