Hancock het blykbaar nie geluister na raad oor Covid en ouetehuise nieMarch 1, 2023
Die herrie is los in die Verenigde Koninkryk met die nuus dat die destydse gesondheidsminister Matt Hancock nie die raad van deskundiges in verband met Covid en ouetehuise ernstig opgeneem het nie en ook nie die nodige maatreëls ingestel het nie. Die land het groot uitdagings gehad met Covid in ouetehuise en duisende mense is so dood. Die Arbeidersparty se Pat McFadden sê ‘n ondersoek is dringend nodig.