Ghislaine wil skuldigbevinding laat omkeerMarch 1, 2023

Die Britse sosiale vlinder, Ghislaine Maxwell, het ‘n appèl ingedien om haar skuldigbevinding aan sekshandel te laat omkeer. Sy beweer aanklaers het haar in hulle visier gehad in plaas van haar eks-kêrel, die finansier, Jeffrey Epstein, en om openbare woede te sus. Die 61-jarige Maxwell dien tans tronkstraf van 20 jaar uit nadat sy in 2021  skuldig bevind is aan dekades-lange seksuele misbruik van en handel met minderjarige meisies, saam met Epstein. Haar prokureurs voer aan, indien haar skuldigbevinding nie omgekeer word nie, moet Maxwell ‘n nuwe verhoor of ander vonnis kry. Epstein is in 2019 in die tronk dood.