Effense daling in werkloosheid in SA is niks om te vier nie en hier’s hoekomMarch 1, 2023

Die Suid-Afrikaane vakbondfederasie Cosatu dink nie die effense daling in die werkloosheidskoers is rede om fees te vier nie. Die kwartaallikse arbeidsmag-opname toon die koers het tussen Oktober en Desember van 32,9 tot 32,7 persent gedaal. Woordvoerder Tony Ehrenreich sê dit dra nie veel by tot die stryd teen ‘n gebrek aan werksgeleenthede in die land nie. Hy sê die data neem nie in ag hoeveel moedelose werksoekers opgehou het om werk te soek nie: