Akkerbouraad pas grense aan vir groente in MaartMarch 1, 2023

Die Namibiese Akkerbouraad het nuwe aanpassings gemaak aan toegelate invoere van groente gedurende Maart. Die grense is gesluit vir beet, botterskorsie, Engelse komkommer, gekleurde soetrissie, groen soetrissie, pampoen, soetmielies en patats. Konfyt-tamaties, sowel as kersie-tamaties word ook nie toegelaat nie. Die grense is heel oop vir gewaste aartappels, uie en skorsies. Op die pro-rata lys verskyn kool. Wortels, slaai-tamaties, waatlemoen, spanspek, blaarslaai en spinasie. Die raad beheer die grense op ‘n maandelikse basis om te verseker dat plaaslike produsente voorkeur na markte kry, bo enige invoere.