Afleweringsman in Peru loop met sy geestes vriendin, ‘n mummie, rondMarch 1, 2023

Die polisie in Peru het ‘n verrassende ontdekking gemaak toe hulle ‘n afleweringsman deursoek het wat onder hul aandag gekom het omdat hy besope was op ‘n argeologiese terrein in Puno in die land. Binne sy sak was ‘n antieke mummie. Volgens wat berig word het die man aan owerhede gesê die mummie se naam is Juanita en dat sy, sy geestelike vriendin is. Hy hou haar in ‘n boks in sy slaapkamer langs die televisie. Kenners sê die mummie is tussen 600 en 800 jaar oud en dat dit die van ‘n volwasse man is eerder as ‘n vrou. Die polisie het die mummie aan die land se kultuurministerie oorhandig. Die man het gesê die mummie het aan sy pa behoort maar kon geen bewys daarvan verskaf nie.