Vyf sterf in Madagaskar ná Freddy February 23, 2023
Die dodetal weens tropiese sikloon Freddy in Madagaskar het tot vyf gestyg. Die sikloon wat Dinsdag die land getref het, het ongeveer 17 000 mense geraak en meer as 4 000 huise beskadig. Die regering sê hy doen alles in sy vermoë om nog sterftes te vermy. Mosambiek se Kantoor vir die Koördinering van Humanitêre Aangeleenthede sê Freddy is besig om te versterk voordat hy Mosambiek tref en moontlik na Zimbabwe beweeg.