Varkinvoere skiet die hoogte inFebruary 23, 2023
Invoere van varkvleis het in Januarie met 66 persent gestyg. Daar is net meer as 892 000 kilogram gedurende die maand ingevoer teenoor net meer as 537 000 kilogram in Januarie 2022. Volgens die Vleisraad van Namibië se maandelikse verslag het die verbod op invoere van varkvleis vanuit Suid-Afrika ‘n tekort in die mark veroorsaak. Die styging in invoere gaan gepaard met ‘n prysstyging. Varkvleis was amper 13 Namibiese dollar per kilogram duurder in Januarie vanjaar as in Januarie verlede jaar.