Namibië kry hemofilie-stigtingFebruary 23, 2023

Hemofilie is gewoonlik ‘n oorerflike bloedings-versteuring waarin die bloed nie behoorlik stol nie. Dit kan lei tot spontane bloeding sowel as bloeding na beserings of chirurgie. Die Namibiese Hemofilie-stigting is tans besig om ‘n veldtog vir nuwe voornemende pasiënte op die been te bring. Die doel van die veldtog is om bewustheid van die toestand te versprei in aanloop tot Wêreld-hemofiliedag wat op 17 April herdenk word. Kosmos 94.1 Nuus het met Immanuel Mayiji, die president van die stigting, gepraat…