Mieliedriehoek, Zambezi: Kommer oor reën wat wegblyFebruary 23, 2023

Die Namibiese Akkerbouraad het ook sy kommer uitgespreek oor vanjaar se mielie-oeste weens ‘n gebrek aan reën. Droëland mielieprodusente in die mieliedriehoek sukkel op die oomblik omdat hulle wag op reën. Die verwagte oes per ton daal daagliks en sommige boere het min of geen reën ontvang nie. Die hoofbestuur van die Namibiese Akkerbouraad, Gilbert Mulonda sê dat die laat reënseisoen kommerwekkend is, ook in die Zambezi-streek.

Na verwagting sal vanjaar se oes minder as verlede jaar s’n wees.