Bloemhofdam se vlakke styg vinnig, inwoners gewaarskuFebruary 23, 2023
Die Departement van Water en Sanitasie in Suid-Afrika sê die watervlak van die Bloemhofdam in Noordwes en die Vrystaat styg vinnig met die toenemende invloei van water uit die Vaalrivier. Die Vaal- en Oranjerivierstelsel ondervind tans vinnig stygende watervlakke weens die swaar reën. Die Vaaldam, sowel as Bloemhof en Gariep het op die oomblik groot volumes water wat uitvloei. Die woordvoerder van die departement, Wisane Mavasa, sê hulle gaan voort om die situasie dop te hou en maatreëls in te stel om die uitwerking van oorstromings op die infrastruktuur te beheer en die volle kapasiteit van die opgaardamme na die reënvalseisoen te waarborg: