Baynes-projek beweeg, maar dis stadig…February 23, 2023
Die 600-megawatt Baynes hidroëlektriese-projek, waarvoor lewensvatbaarheidstudies reeds in 1998 voltooi is, is steeds in die pyplyn. Die projek, wat deur die inheemse Ovahimba ten sterkste teengestaan word, het verlede jaar weer die nuus behaal met samesprekings tussen die lynminister Tom Alweendo en sy Angolese eweknie. Die roete na die projek vanaf Opuwo het ook tenders gehad. Kragvoorsiening raak al hoe belangriker vir Namibië as gevolg van die Eskom-drama in die buurland. Kosmos 94.1 Nuus het met Abraham Angula, die adjunk-direkteur vir energiebeplanning by die ministerie van myne en energie oor die jongste gesels. Hy sê samesprekings vorder, veral met ooreenkomste met Angola, en meer.