ANC dreig met regstappe teen Eskom-hoofFebruary 23, 2023
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, is aangestel met die uitsluitlike doel om Eskom in ʼn funksionele openbare onderneming te omskep wat die land van bestendige, betroubare elektrisiteit voorsien. Hy meen De Ruyter het geheel en al misluk om sy kontraktuele verpligting na te kom. Mbalula het die media toegespreek oor die begrotingsrede. Hy sê die ANC steun Eskom se raad wat De Ruyter verwyder het. Mbalula sê die party verwerp sy ongegronde bewerings van politieke inmenging: