Aangewese werkgewers: Werkloosheid gaan toeneemFebruary 23, 2023
Eben de Klerk van die Ekonomiese Beleidsnavorsing Vereniging het meer inligting in verband met sy navorsing oor die aanpassing van die wetgewing op regstellende aksie, bekend gemaak. Volgens die aanpassing, is die drempel vir aangewese werkgewers afwaarts aangepas van 25 na tien. Dit beteken dat hierdie werkgewers vakante poste eers by die ministerie moet aanmeld vir kandidate. Volgens die vereniging beteken dit dat ‘n derde van alle werkgewers in die land hierdeur geraak word en dat meer as helfte, wat nege of minder werkgewers het, nie geneig is om meer mense aan te stel nie. De Klerk sê maatskappye gaan nie uitbrei nie en werkloosheid gaan toeneem.