Aangewese werkgewers: Meer as helfte van besighede sal nie aanstellings maak nieFebruary 23, 2023
Die Ekonomiese Beleidsnavorsing Vereniging het ‘n verslag bekend gemaak na hy navorsing oor die aanpassing van die wetgewing op regstellende aksie voltooi het. Volgens die aanpassing is die drempel vir aangewese werkgewers afwaarts aangepas van 25 na tien. Dit beteken dat hierdie werkgewers vakante poste by die ministerie moet aanmeld. Volgens die vereniging beteken dit dat ‘n derde van alle werkgewers in die land hierdeur geraak word en dat meer as helfte, wat nege of minder werkgewers het, nie geneig is om meer mense aan te stel nie. Amper 90 persent van sy respondente sê dat hulle nie bewus was van enige konsultasies wat plaasgevind het in die verband nie. Verder dui die ondersoek daaraan dat meer as helfte van die werkgewers nie bewus was van hul pligte in verband met regstellende aksie nie.