Vloedrisiko vir Benede-Oranje styg

Reuse-volumes water word op die oomblik uit drie van Suid-Afrika se damme, vrygelaat na swaar reën. By die Vaaldam is 12 sluise oopgetrek en meer as 2 400 kubieke meter water word per sekonde vrygelaat met Bloemhof dam wat op 3 200 kubieke meter water per sekonde staan en Vanderkloof op 1 475. Die Namibiese Hidrologiese Diens sê die Oranje-rivier is tans op amper 4 meter by Upington, op van ‘n half-meter wat Vrydag gemeet is. Die damme in die buurland bly op 100 persent van kapasiteit so die vlakke sal na verwagting verder styg en die vloedrisiko vir die Oranje-rivier, veral by Noordoewer en Aussenkehr, neem toe. In die Noorde van die land, is die Zambezi-rivier in volle vloed met vlakke teen 5,28 meter. Die Okavango-rivier het gestabiliseer maar is steeds hoog op 5,48 meter. Vloei in die Kunene by Ruacana neem af en is op 186,1 kubieke meter water per sekonde gemeet.