Renosterstropery ruk hand uit in BotswanaFebruary 22, 2023
Botswana se ministerie van toerisme het bekendgemaak daar was die afgelope vyf jaar ʼn reusetoename in renosterstropery waarin ʼn derde van die bevolking doodgemaak is. Die minister, Philda Kereng, sê 138 van die bedreigde diere is tussen 2018 en verlede jaar doodgemaak. Dit is in vergelyking met die twee wat tussen 2012 en 2017 gestroop is. Volgens Kereng is daar ‘n verhoogde vraag na renosterhoring, veral uit Asiese lande. Sy sê internasionale misdaadsindikate uit ander Suider-Afrikaanse lande het toegeneem.