Net 1 000 kaartjies oor vir Kaapse Formule E

Renjaers kan volgepakte pawiljoene verwag vir eerskomende naweek se Formule E-wedren in Kaapstad, met net ‘n duisend van die 25 000 hoofpawiljoensitplekke wat nog beskikbaar is. Die wedren-promotor, Iain Banner, verwag die oorblywende kaartjies sal voor die wedren uitverkoop. Die duurste kaartjies van 3 450 Suid-Afrikaanse rand elk is langs Kusweg in Groenpunt geleë. Banner sê die gasvryheidsgebied is reeds uitverkoop, maar toeskouers kan steeds algemene toegangskaartjies koop wat aan hulle die geleentheid sal bied om die e-Prix van die omheining af dop te hou.