Hoop dat BRICS-forum sal help met arbeidskwessies in SA
Die Departement van Indiensneming en Arbeid in Suid-Afrika hoop BRICS se Indiensnemings-werkgroep-forum sal help om ‘n weg vorentoe te baan rakende kritieke arbeidskwessies. Suid-Afrika is die gasheer vir die vierdaglange byeenkoms wat die kollig sal plaas op sake wat verband hou met behoorlike werk. Die besprekings wat gister begin het, gaan oor die bevordering van behoorlike werk en waardigheid in die werkruimte. Die adjunkminister, Boitumelo Moloi, sê die dryfveer is om ‘n omgewing te skep wat inklusief is vir groei in die arbeidsmark: