Begrotingsdag: Schlettwein gesels oor sy droom-toewysingFebruary 22, 2023

Namibiërs wag in spanning op vandag se begrotingsrede van die minister van finansies Ipumbu Shiimi wat hy in die Nasionale Vergadering ter tafel sal lê. Geskatte uitgawes vir die boekjaar volgens die huidige begrotingsdokument sal na verwagting in die omgewing van 73 miljard Namibiese dollar wees. Die landbouministerie is in die vorige boekjaar 1,9 miljard dollar toegeken, met spesifieke toekennings vir waterinfrastruktuur-opknapping en -ontwikkelingsprogramme. Landbou word as een van die land se ekonomiese dryfvere geag en Kosmos 94.1 Nuus het met die landbouminister Calle Schlettwein gesels oor wat sy droom-begroting sou wees…

Schlettwein voeg by grondhervorming het beleggings nodig.