VF Plus vra belasting-aansporings van finansminister
Die Vryheidsfront Plus doen ‘n beroep op die minister van finansies, Enoch Godongwana, om ‘n gunstige ekonomiese omgewing vir die privaat sektor te skep in sy begrotingsrede. Die party stel maatreëls soos belasting-aansporings voor, eerder as verdere belasting- en heffingsverhogings, om groei en belegging te stimuleer. Die party kritiseer ook die regering se groeiende salarisrekening en senior staatsamptenare se buitensporige salarisse. Wouter Wessels van die party vra verpligte derdeparty-versekering en die afskaffing van die wan-funksionele en bankrot Padongelukke-fonds.