Skoner kookmetodes vir Afrika…
’n Nuwe alliansie word gestig om toegang tot skoon kookmetodes in Afrika te versnel. Die vennootskap is tussen die Clean Cooking Alliance, die VN se klimaatskonvensie en ander vennote. Die doel is om voordeel te trek uit die geleenthede wat koolstoffinansiering bied. Om hierdie potensiaal te verwesenlik, moet hierdie markte egter in staat wees om finansiering te kanaliseer na die oplossings wat die noodsaaklikste is om klimaatsdoelwitte te bereik. Wêreldwyd bly finansiering vir toegang tot skoon kookmetodes agter. Tog maak 2,4 miljard mense steeds staat op vuil stowe en brandstof om hul kos gaar te maak. Volgens die Wêreldbank het 900 miljoen mense in Afrika suid van die Sahara nie skoon, moderne energie om te kook nie. Dit dryf ontbossing aan en kos 35 miljard Amerikaanse dollar per jaar aan verlore uitgawes aan hout, houtskool en paraffien.