Sesde stel sanksies teen Mianmar-junta
Die Europese Unie het sy sesde stel sanksies oor menseregteskendings teen die militêre junta in Mianmar ingestel. Die sanksies is teen nege amptenare, insluitend die land se minister van Energie, asook regeringsdepartemente en maatskappye wat verbind word met toenemende geweld en menseregteskendings. Die blok van 27 nasies het ‘n reisverbod teen die amptenare ingestel en hulle bates bevries. Die nuwe reeks sanksies raak 93 individue en 18 instellings. Die blok hou ook vol met ‘n verbod op wapens en militêre toerusting.