NMI: Kwaliteitsbeheer word in Namibië toegepasFebruary 21, 2023

Namib Mills het sy reaksie gegee op wetenskaplikes van die Nasionale Landbou-navorsingsorganisasie wat sê dat Ugandese mielies, sorghum en grondbone konsentrasies aflatoksien bevat wat minstens tien keer hoër is as die veiligheids-drumpel wat die Wêreldgesondheids-organisasie aanbeveel. Die direkteur vir navorsing van die Nasionale Oesbronne-navorsingsintituut, Godfrey Asea, sê dit hou ‘n ernstige kankerrisiko in vir verbruikers. Hy sê dit is uiters kommerwekkend, want mieliemeel is ‘n stapelvoedsel vir miljoene Ugandese gesinne en ‘n oorheersende dieet by skole. Ian Collard, die hoof van die NMI-groep, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat kwaliteitsbeheer in Namibië toegepas word.