Belastingbedrog kring verder uit

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA sê meer as 1 000 individue  is betrokke by die belastingbedrog-skema ter waarde van 157 miljoen Namibiese dollar. Die saak handel oor bedrieglike terugbetalings. Volgens die agentskap is die belastingbetalers verwant aan 63 openbare en privaat ondernemings wat ondersoek word. Daar was in Julie verlede jaar net meer as 400 individue verbind met die ondersoek en die beraamde waarde was 36 miljoen dollar. Tot dusver is nog net 10,3 miljoen dollar teruggewin. Daar is onlangs berig dat NamRA se kommissaris, Sam Shivute, gesê het dat die bedrag tot 400 miljoen dollar kan styg. Die bedrogspul is in Maart verlede jaar ontdek toe daar bevind is dat 15 miljoen dollar is belastinggeld onwettige terugbetaal is. Meer as 50 kriminele sake is reeds gemaak. Belastingbetalers is volgens NamRA deur hul boekhouers bygestaan om bedrieglike kostes, byvoorbeeld met ‘n naweekboerdery, in te dien en sodoende, belastinggeld terug te kry, of minder belasting te betaal.