AgriSA sê Enoch moet maatreëls vir voedselsekerheid aanspreek môre
AgriSA sê dit is noodsaaklik dat die minister van finansies, Enoch Godongwana, môre in sy nasionale begrotingsrede maatreëls aankondig om die land se voedselsekerheid te beskerm. Die rede volg kort op President Cyril Ramaphosa se staatsrede waarin hy ’n aantal ingrypings ter verligting van die kragkrisis aangekondig het. AgriSA se hoofekonoom, Kulani Siweya, sê hulle is bekommerd oor die sameloop van uitdagings wat voedselproduksie in die land bemoeilik – veral in die huidige moeilike omstandighede: