Water weer vanaf Omatako na Von Bachdam gepompFebruary 20, 2023
Water word weer vanaf die Omatakodam na die Von Bachdam met klein pompe oorgepomp, volgens NamWater se weeklikse dambulletin. Geen water word tans vanaf die Swakoppoortdam, wat 79,8 persent vol is, na die Von Bachdam oorgepomp nie. Von Bach se vlak staan nou op 31,4 persent. Water word ook van die Otjiverodam na die Tilda Viljoendam by Gobabis gepomp wat slegs 34,1 persent vol is. Die Hardapdam in die Suide het ‘n verlies van 2,619 miljoen kubieke meter water gehad en is nou 45,2 persent vol teenoor verlede jaar se 73 persent.