Verwagtinge vir begroting lyk soFebruary 20, 2023
Die Namibiese finansminister Ipumbu Shiimi sal Woensdagmiddag sy begrotingsrede lewer. Die land is onder erge druk maar, volgens Robert McGregor van Cirrus in die hoofstad, behoort Sacu-inkomste tog effe verligting te bring. McGregor deel sy verwagtinge met Kosmos 94.1 Nuus.