Tshwane monitor cholera

Die Stad Tshwane sê hy hou die situasie fyn dop nadat drie gevalle van cholera onlangs in Johannesburg aangemeld is. Dié drie mense was onlangs op besoek aan Malawi waar cholera endemies is. Die metro se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê om die uitbreking van cholera te verhoed, het die stad toegewyde spanne wat een keer per maand watermonsters uit strome, riviere en damme in al sewe streke van die metrogebied neem.  Hy sê al die watermonsters wat tot dusver in Tshwane geneem is, het negatief getoets vir cholera: