Ramaphosa sê AU-beraad was ‘n sukses
President Cyril Ramaphosa het die pas-afgelope 36ste sitting van die Afrika-Unie se staats- en regeringshoofde in Addis Abeba, Ethiopië as ‘n sukses beskryf. Ramaphosa het met die media gepraat oor die besprekings wat die naweek gehou is, en sê die beraad het lidlande aangemoedig om die gees van Pan-Afrikanisme en solidariteit te verdubbel deur die Afrika-vryhandelsgebied te bespoedig. Ramaphosa sê staatsleiers is ook versoek om aandag te skenk aan die vasteland se dringendste kwessies.