Privaatprojek om Groot Aub se inwoners by te staanFebruary 20, 2023
Die projek Water vir Lewe en Sanitasie vir Gesondheid het op Groot Aub afgeskop. Die projek is daarop gemik om die inwoners van die nedersetting suid van Windhoek van broodnodige dienste soos onder meer water- en sanitasiegeriewe te voorsien. Die inisieerder van die projek, Fritz Kaufmann het befondsing gekry om ‘n ablusieblok vir vier gesinne te bou. Hy doen ‘n beroep op nog ondersteuning om meer behoeftige mense te help.