Plaaslike maatskappye moet bewys van eksplorasie-vermoë hê

Die Namibiese minister van myne en energie Tom Alweendo sê die toekenning van eksklusiewe prospektering lisensies word aangepas. Die ministerie het ‘n kennisgewing uitgereik wat vra dat plaaslike aansoekers vir so ‘n lisensie teen die week, op die 24ste, bewys moet lewer van finansiële bronne om wel eksplorasiewerk te kan doen. Volgens Alweendo geld die nuwe bepaling vir al 2022 se aansoekers wat vanjaar lisensies moet ontvang. Die wetgewing van 1992 maak reeds melding hiervan maar die toepassing daarvan is nie tot op die letter gedoen nie omdat dit Namibiërs benadeel het en tot voordeel van buitelanders was. Alweendo sê hy het die bepaling weer ingestel om beleggers na die land te lok.